Reisstories

Februarie 16, 2017
Noord-Koreane is plesierig

Noord-Koreane is onplesierig. Dit kan julle glo.

Sondagmiddae is gemaak om rustig te wees. Om ‘n vleisie te braai, ‘n uiltjie te knip, en jou vere reg te skud vir die week wat voorlê. En dis ook hoe ek myne verkies. Maar die pas afgelope Sondag het ek my in ‘n aktiwiteit begewe wat ongetwyfeld sal uitstaan wanneer ek op my oudag terugkyk en my Sondagmiddagaktiwiteite van vervloë jare in oënskou neem. Ek was in Pyongyang, Noord-Korea. Dit was die laaste dag van my week lange besoek […]
Februarie 16, 2017
Die reuse-standbeelde van Kim Il-Sung en Kim Jong-Il op Mansu-heuwel. Smile and wave boys, smile and wave.

Noord-Korea: land van die Onheilige Drie-eenheid

“Welcome! Welcome to the Democratic People’s Republic of Korea! In the DPRK there are many rules and regulations that you need to follow.” Aan die woord was Hyang Sun, een van die twee Noord-Koreaanse gidse wat my kort tevore met my aankoms by Pyongyang se treinstasie ontmoet/onderskep het, en onder wie se wakende oog ek vir ‘n week lank ‘n kykie in die handel en wandel van die mense van hierdie geheimsinnige, fassinerende, en doodeenvoudig vreemde land sou kry. Die […]
Februarie 16, 2017
Die Monument van die Party-stigting is in 1995 opgerig om die 50ste herdenking van dié monumentale (pun? O ja!) gebeurtenis te vier. Dit reik 50 meter die hemele in - een meter vir elke jaar - en die hamer, sekel en en skryfkwas simboliseer onderskeidelik die Noord-Koreaanse arbeiders, boere en intelligentsia.

Noord Korea: laat die kindertjies na my toe kom

“Meneer! Meneer! Hoe lank is meneer al ‘n meneer, meneer?”… het geen leerling van die Children’s Palace in Pyongyang, Noord-Korea, al ooit vir enige van hulle onderwysers gevra nie. Indien jy een van die 5,000 uitskieters op akademiese, kultuur- of sportvlak is wat die geleentheid gebied is om by dié skool vir hoogsbegaafde leerlinge te studeer, is daar immers geen tyd vir bogpraatjies met onderwysers nie. En ook nie met jou maatjies nie. En seker ook nie eers met jou […]
Februarie 16, 2017
Missus Wong, wat net soos Juffrou Rottemaaier, nié met haar laat mors nie.

Noord-Korea: ‘n les in dankbaarheid

Onrusbarende nuus uit Noord-Korea: die “US Imperialists” se voortgesette skending van Noord-Koreaanse soewereiniteit dreig om ‘n volskaalse oorlog tussen dié twee aartsvyande te ontketen. En dié keer blyk die Noord-Koreane slaggereed vir oorlog te wees. Daar is immers oor die afgelope paar dae niks minder nie as séwe foto’s aan die media gelek van Kim Jong Un wat onheilspellend deur ‘n verkyker na ‘n onsigbare vyand staar. In ‘n verdere wending is Klein Kim boonop tot die hoogste rang van […]
Februarie 13, 2017
1

Waar die Groot Muur van China begin…of eindig…of begin.

Alles het ‘n begin, en alles het ‘n einde. Behalwe natuurlik vir Chuck Norris. En 7de Laan. Chuck Norris is immers nie gebore nie – hy was maar net nog van altyd af daar. En of jy nou daarvan hou of nie, 7de Laan gaan met ons wees tot die hane ophou kraai, tot die leeu en die lam by mekaar gaan lê, tot daar gras aan die hemelruim groei. In ‘n neutedop, totdat alles in “Was Ek Maar ‘n […]
Mei 15, 2016
2

Kambodja: oor tempels, tuc-tucs en ‘n klein bietjie noodhulp

Kambodja. Met die eerste ooropslag mag dit dalk klink soos die naam van ‘n fiktiewe land op ‘n Risk-bord – soos Irkutsk, Kamchatka of Siam, maar in Suidoos-Asië, in ‘n knyptang tussen Viëtnam, Laos en Thailand, lê die Koninkryk van Kambodja…en jy hoef nie eers drie sesse met die rooi dobbelstene te gooi om sy grense oor te steek nie. Wanneer dit by die geskiedenisboeke kom, boks dié eertydse Franse kolonie al vir eeue lank bo sy gewig. Vér bo […]
Mei 11, 2016
52

Kambodja: oor gedagtes op pad

“Waarom sal ons $5 meer betaal vir ‘n diens wat ons eers twee ure later daar gaan besorg?” Dít was die eerstewêreldse kwelvraag waarmee ek en Tamas, my Hongaarse vriend en reisgenoot, mee aan’t worstel was. Vanaf die oorkant van ‘n lendelam lessenaar het die reisagent, Mister Prak, ons belangstellingloos dopgehou, terwyl hy met gereelde tussenposes ‘n diepgebraaide kriek uit ‘n plastieksakkie neffens hom opgediep, en met ‘n geoefende swiep van sy gewrig in die rigting van sy keelgat gestuur […]
Mei 7, 2016
13

Kambodja: oor ‘n veragtelike volksmoord

Op 17 April 1975 het die Khmer Rouge, onder leiding van Pol Pot, die Kambodjaanse hoofstad ingeneem. Die inwoners van Phnom Penh was oorstelp dat die bloedvergieting van die burgeroorlog wat die voorafgaande vyf jaar gewoed het, uiteindelik verby was, en het die strate in gestroom om die triomfantelike guerrilla-vegters van dié fanaties Kommunistiese beweging te verwelkom. Met die verloop van die volgende vier jaar sou die Khmer Rouge egter een van die mees weersinwekkende misdade van die twintigste eeu […]
April 21, 2016
1b

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 1: Denver

So dit was dan nou Denver gewees. Met sy bevolking van skaars 650,000 (een twintigste van my tuisdorp Guangzhou s’n) kan mens nie help om te wonder wat Denver se claim to fame nou eintlik is nie. En die eenvoudige antwoord is ‘niks regtig nie’. Geen wêreldbekende bands nie, geen Hollywood-akteurs nie en geen belangrike politici of ander kriminele nie. MAAR…hulle voetbalspan, die Denver Broncos, speel wél volgende naweek in die Superbowl, en dít het die mense hier rukkend van […]
April 21, 2016
1

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 2: Mount Rushmore

O magtig! Ek is nou so vol Amerikaner-patriotisme geprop, ek sluit sommer by die Marines aan. USA! USA! USA! As jy by Mount Rushmore wegstap en nié voel of jy die volgende ou met ‘n vuispomp en ‘n ‘YEAH BUDDY!’ wil groet nie, moet jy sweerlik bande met ISIS hê. Die 18m-hoë uitkerwings van die vier voormalige presidente is báie indrukwekkend. Dié viertal is deur die Noorweegs-Amerikaanse beeldhouer, Gutzon Borglum, gekies om die stigting, groei, bewaring en ontwikkeling van die […]