Geskiedenisstories

April 17, 2016
16 Julius Hitler

Oor Julius Hitler en Adolf Malema

Hier volg die nuus uit Suid-Afrika: Julius Malema, Julius Malema, Julius Malema. Nog nooit vantevore is die Suid-Afrikaanse koerantopskrifte en nuusbulletins in só ’n mate gedomineer deur iemand wat nie ’n regeringsminister, sportster of massaprediker was, as wat tans die geval met die heer Malema is nie. Dis alom bekend dat Malema se houtwerkvaardighede hoogs bedenklik is, maar dit wil voorkom asof hy ’n groter bedrewenheid in sy geskiedenisklasse getoon het. Daarvan getuig sy onrusbarende gedrag, wat toenemend ooreenkomste met […]
April 8, 2016
15. Jan Smuts

Jan Christian Smuts: die grootste Afrikaner van alle tye

Om in Londen se Parliament Square in brons verewig te word, voorveronderstel ’n merkwaardige lewe. Dis ’n sonderlinge eerbetoon wat tot op hede slegs drie buitelanders beskore was. Om dus ’n boorling van Riebeek-Wes, naby Malmesbury, op dié wyse neffens Winston Churchill uitgestal te sien, noop mens om nadere ondersoek in te stel na die man agter die standbeeld. Jan Christian Smuts (1870-1950) was ’n fenomeen. Sóveel so dat sy mees omslagtige biografie uit twee volumes bestaan. Maar ten spyte […]
April 8, 2016
14. ANC

Die ANC in ballingskap: ‘n bondige oorsig, 1960-1990

Die African National Congress (ANC) is kort na die Sharpeville-massamoord, op 30 Maart 1960, tot ‘n verbode organisasie verklaar. Eers op 2 Februarie 1990 het president F.W. De Klerk die ANC ontban, wat beteken dat die ANC vir 30 jaar hul doelwitte in ballingskap moes nastreef. Gedurende hierdie tydperk het die ANC ‘n gewapende stryd deur middel van hul militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), gevoer in ‘n poging om die NP-regering en hul blanke kiesers te ontsenu en sielkundig […]
April 8, 2016
13. PW Botha

PW Botha se interne hervormings na aanleiding van die Soweto-opstande van 1976

Die Soweto-opstande van 1976 het gelei tot ‘n kettingreaksie van opstande regdeur die land wat tot die middel-1980’s geduur het. Na aanleiding van hierdie opstande het P.W. Botha ‘n aantal interne hervorminge aangekondig wat die beveiliging van rassesegregasie onder blanke beheer in Suid-Afrika ten doel gehad het… Ná die Soweto-opstande in 1976 het plaaslike, sowel as internasionale druk op die NP-regering se beleid van rassesegregasie met rasse skrede toegeneem. As teenvoeter vir hierdie ‘totale aanslag’ het President P.W. Botha vorendag […]
April 8, 2016
12. Geskiedenis van religie

Religie: teorieë oor die ontstaan van georganiseerde geloof

Wanneer die ontwikkeling van georganiseerde geloof, of dan ‘religie’, bestudeer word, raak dit gou duidelik dat daar ‘n groot verskeidenheid (en dikwels teenstrydige) sienings, redenasies en argumente daaroor bestaan. Omdat religie sedert die begin van die mensdom deel van die mens se psige was, is dit ‘n hoogs relevante onderwerp, maar terselfdertyd bestaan daar beswaarlik enige empiriese bewyse ter stawing van enige teorie oor die ontwikkeling daarvan. ‘n Legio akademici, filosowe en sosioloë het deur die eeue heen teorieë en […]
April 8, 2016
11. NP se ondersteuningsbasis

Die stigting van die HNP: ‘n gevolg van die veranderinge in die ondersteuningsbasis van die Nasionale Party

Tussen 1948 en 1966 was daar ‘n merkbare verandering in die tradisionele ondersteuningsbasis van die Nasionale Party – ‘n verandering wat ‘n aansienlike impak op Afrikanereenheid sou hê, en uiteindelik gelei het tot die stigting van die Herstigte Nasionale Party in 1969… Op 26 Mei 1948, toe D.F. Malan se Nasionale Party (NP) in die nasionale verkiesing geseëvier het, het die NP se ondersteuningsbasis hoofsaaklik bestaan uit minder welgestelde boere, staatsamptenare, en Afrikaners uit die werkersklas (myn-, spoorweg en staalwerkers). […]
April 8, 2016
10. Muhammad

Mohammed: die lewe van die profeet van Islam

Die Profeet Mohammed is ‘n sleutelfiguur in die Islamitiese geloof, en sy lewe het die ganse ontwikkeling daarvan beïnvloed. Die eerste van die vyf Pilare van Islam behels immers die verklaring van geloof, en lui: Daar is geen ander god behalwe Allah nie, en Mohammed is die boodskapper van Allah. Alhoewel Mohammed (wat ‘die geseënde een’ beteken) nie die eerste profeet van Islam was nie, glo Moslems dat hy die finale, volmaakte openbaring van Allah na die mensdom gebring het. […]
April 8, 2016
9. Afrikaner-nasionalisme

Afrikaner-nasionalisme: die faktore wat tot die ontwikkeling daarvan gelei het

Die totstandkoming van die ‘gesuiwerde’ Nasionale Party onder leiding van D.F. Malan in 1934 het ‘n nuwe hoofstuk in Afrikaner-nasionalisme ingelui. In die ‘gesuiwerde’ NP het Afrikaners ‘n politieke tuiste gevind waar hul belange ekslusief vooropgestel is, en ‘n bloeitydperk vir Afrikaner-nasionalisme het daardeur die lig gesien. Dié nuutgevonde volkstrots, wat ‘n hoogtepunt bereik het met die NP se oorwinning in die 1948-verkiesing, kan in ‘n groot mate toegeskryf word aan die NP se rassebeleid, wat wyd aanklank gevind het […]
April 8, 2016
8. Post-kolonialisme

Post-koloniale Afrika: van veelpartystate tot eenpartystate

Binne enkele jare na dekolonisasie het talle van die nuut-onafhanklike Afrika-state wegbeweeg van ‘n veelpartystelsel na ‘n eenpartystaat, en vervolgens na militêre beheer. Hiérdie verskynsel het wyd voorgekom, en daar is verskeie redes wat daartoe aanleiding gegee het… Na meer as tagtig jaar van koloniale beheer het ‘n gees van euforie en optimisme geheers tydens die onafhanklikwording van Afrika-state gedurende die 1950’s en 1960’s, en is daar wyd geglo dat die oorgang na verteenwoordigende demokrasie glad sou verloop. Dekades van […]
April 8, 2016
7. Lenin en Stalin

Lenin, Stalin, Khrushchev en Gorbachev: die dilemma van die hervormers

Die outokratiese en burokratiese aard van die kommunistiese staat wat deur Lenin en Stalin geskep is, het beteken dat enige hervorminge wat Khrushchev en Gorbachev later van tyd wou implementeer, die gevaar geloop het om die kommunistiese kenmerke van die USSR te ondermyn en te verwater… Na die abdikasie van Tsaar Nicholas II in 1917, is Rusland oor die daaropvolgende vier dekades deur Lenin en Stalin in ‘n kommunistiese staat omskep. Gevolglik is ‘n outokratiese staatsbestel geskep, waarin die Communist […]