Aktuele stories

Februarie 27, 2016
5 Oor dienslewering

Oor dienslewering. En die gebrek daaraan.

’n Paar maande gelede het die ondenkbare gebeur. Hier, in misdaadvrye Engeland (kug-kug), het ’n skarminkel by my kar ingebreek. Ek bêre gelukkig nie my Rolex-horlosies, diamantoorbelle en Mont Blanc-penne in my paneelkissie nie, en my totale verliese het uiteindelik neergekom op £1.70 se parkeergeld, en ’n stukkende satnav-stelsel. Vir versekeringsdoeleindes moes dié misdaad egter by die owerhede aangemeld word, en daarom het ek, kort nadat ek die onmiskenbare tekens van ‘n motorinbraak ontdek het, die toepaslike 0800-nommer geskakel. Die vrouestem […]
Februarie 27, 2016
13 oor wegrapings

Oor wegrapings, profete en valse voorspellings

Dis 21 Mei 2011. Oordeelsdag, as jy die Amerikaanse evangelis Harold Camping en sy Boere-lakei, Johannes Coetzee, kan glo. ‘n Onheilspellende gerammel knip my droomlandkuier kort. My hart wil-wil by my keel uit wip, met my saamgebondelde derms net ‘n kortkoppie agter. Ek verseg om my oë oop te maak en lê gedweë en wag op my onvermydelike reis die ewigheid in. En dan…niks. Met nog ‘n bietjie niks vir ekstra effek. Die gerammel is bloot my hoogswanger vrou wat […]
Februarie 27, 2016
10 Oor die grootste Afrikaner

Oor Die Grootste Afrikaner van Alle Tye. Deel I.

Ons Afrikaners is nou maar eenmaal berug vir ons onvermoë om oor die mees elementêre sake tot ’n vergelyk te kan kom. Soms is ons twisappels die trivialiteite van die lewe en soms is ons onversoenbaar oor meer gewigtige sake. Soos oor die politiek, of oor kerkaangeleenthede, of oor wie van Joost of Amor nou éintlik die morele hoëgrond kan opeis. Maar danksy Maroela Media sal ons binnekort saamgesnoer word in ’n eenparige heldeverering vir Die Grootste Afrikaner van Alle […]
Februarie 27, 2016
Test test

Oor die vyfring-fanfare van 2012. Deel II.

Op julle merke, gereed…daar gaat hulle! En het die Spele van die 30ste Olimpiade nie net met die mees skouspelagtige knal uit die blokke gekom nie? Wat mý betref was die openingseremonie hoogs imponerend, ’n geskiedenisles duisend, en ’n meer as waardige afskop vir só ’n grootse geleentheid. Maar daai kêrels wat die Olimpiese vlag ingedra het kan hulle sterre dank dat hulle nie in Beijing was nie, want as hulle dáár so uit gelid uit marsjeer het was ’n […]
Februarie 27, 2016
8 Oor die vyfring 1

Oor die vyfring-fanfare van 2012. Deel I.

Die laaste keer wat ek die geleentheid gehad het om ’n eens-in-’n-leeftyd-ondervinding te smaak, is ek gekniehalter deur my opgelegde bedtoegaantyd. Dit was 1986, ek was in standerd 2, en Halley se Komeet het gekom en gegaan sonder dat ek deel kon hê in die massahisterie wat sy besoek ontketen het. Maar vandeesweek kry ek uiteindelik die geleentheid om vir daardie gruwelike onreg te vergoed wanneer die Olimpiese wa ons dorp binnetrek. Sedert 2005, toe Londen as gasheerstad aangekondig is […]
Februarie 27, 2016
7 Oor Haar Majesteit

Oor Haar Majesteit se groot ses nul

Na regte behoort die tweede van iets nie gevier te word nie. Buzz Aldrin – die twééde man op die maan. Ja, en? Thabo Mbeki – die twééde swart Suid-Afrikaanse president. Wie gee om? Dowwe Dolla – die twééde mees irriterende Afrikaanse ‘kunstenaar’ ooit (na Jurie Els). Gaap. Maar ‘n diamantjubileum bly darem ‘n hoogs uitsonderlike gebeurtenis, en daarom was dit heeltemal gepas dat die twééde Britse monarg wat dié buitengewone mylpaal kon bereik, se prestasie vereer is met al […]
Februarie 27, 2016
6 Oor die rol...

Oor die rol van ’n rugbytrol

Wat kry jy as jy al die Stormers se meisies saam in ’n kamer sit? ’n Enkele vol stel tande. Wat is die enigste drie mensgemaakte dinge wat vanuit die buitenste ruimte sigbaar is? Die Groot Muur van China, die Egiptiese Piramides en die gaping in die Cheetahs se agterlyn. Wat noem mens ’n Sharks-ondersteuner met ’n halwe brein? Hoogs begaafd. En ’n Lions-ondersteuner? Verveeld. En ’n Kings-ondersteuner? Niks, want daar bestaan nie só iets nie. Eerskomende Vrydag is, behalwe […]
Februarie 27, 2016
4 - oor die dislojaliteit

Oor die dislojaliteit van kontemporêre hanskakies

Ek hou nie van Martin Johnson nie. Het nog nooit. Mike Tindall, met sy neus wat so op sy wang kuier, gee my die horries, en Chris Ashton laat my telkens ‘n klein bietjie in my mond opgooi. Ek kan nie wág vir die dag wanneer sy swaeltjieduikslag gaan lei tot ‘n komieklike aanslaan aan doerie kant van die doellyn nie. Maar soos enigeen wat al die Bokke op Twickenham ondersteun het sal kan beaam, is dit die deursnee Engeland-ondersteuner […]
Februarie 27, 2016
3 Oor die blou obesessie

Oor die blou obsessie van ‘n tjokkertjie

Ek onthou dit nog soos gister, al was dit meer as dertig jaar gelede. Dit was ‘n deurgangsrite, soos om gedoop of aangeneem te word – ‘n openbaring wat my lewe onherroeplik sou verander. Dit was die plastiekstoele. Die lowergroen gras. Die witgekalkte lyne. Die geesdriftige gedruis onder die skare vooraf. Die ligblou H-vormige staalstrukture. Die energie. Die ritme. Die 15 spelers in hemelsblou. Die drieë. Die oorverdowende gejuig. Dit áls het gemaak dat ek met my eerste besoek aan Loftus […]
Februarie 27, 2016
2 Oor Lady Gaga

Oor Lady Gaga en inkonsekwente moraliteitsmetings

Anton Goosen vra annerdag op sy Facebook-blad: ‘Wat dink julle van Lady Gaga?’ Die antwoorde, waarvan daar honderde was, was in gelyke mates komieklik én onrusbarend. Die juweeltjies waaraan ek my verkneukel het, het onder andere ingesluit ‘Ag wie gee om oor Gaga?’ (Uhm, miskien die 24 miljoen mense, byna vyf keer soveel as al die blankes in SA, wat haar eerste twee albums gekoop het?), ‘Sy’s nie slim met bemarking nie’ (Ja, dis natuurlik waarom ‘n klomp Afrikaners aan […]