Babastories

Januarie 28, 2016
13 Oor die praatpret

Oor die praatpret van ’n peuter

Ek het maar pas ontwaak daardie Saterdagoggend. Deur talmende slaapnewels het die huisgeluide na my toe aangesweef gekom. Uit die aangrensende vertrek het die trippe-trappe van klein voetjies opgeklink, algaande nader beweeg en uiteindelik by my voetenend tot stilstand gekom. ’n Handjie het om my groottoon gesluit, dit ’n paar keer heen en weer gewikkel en toe, onverwags, het hy dit gesê – die mooiste, móóiste woord: ‘paaapaaa’. Oukei, om doodeerlik te wees het dit meer soos ‘pawpaw’ geklink, maar […]
Januarie 28, 2016
12 Oor die waarde van...

Oor die waarde van negehonderd pond

Negehonderd pond is weliswaar nie ’n wondermiddel waarmee jy die mees onversetlike finansiële kwellinge ’n nekslag kan toedien nie, maar dié bedrag bly aardig en kan op velerlei nuttige maniere ingespan word. Soos om jouself die eienaar van ’n MacBook Pro te maak. Of om ’n seisoenkaartjie vir Stamford Bridge aan te skaf. Of om The Savanna van digby die 2,000 boereworsrolle te verlos en jou tot in lengte van dae aan worsbroodjies te vervreet. As jy nou regtig wil. […]
Januarie 28, 2016
11 Oor 'n eerste verjaarsdag

Oor ’n eerste verjaarsdagpartytjie

Dit voel sommer nog soos gister toe ek Die Mamma daar in die kraamkamer bemoedig het met goed gespasieerde uitroepe van ‘crouch, touch, pause…engage!’ en hoe ek, ná my ridderlike onderskragingspogings, deur ’n waas van trane so byna die vroedvrou se vinger in plaas van ons pasgebore baba se naelstring geknip het. Maar tyd vlieg (om daai sêding se rug nóg holler te ry) en nadat ’n elftal vermaandsdae hul draaie kom gooi het, was dit onlangs tyd om Ben se […]
Januarie 28, 2016
10 Oor wonderlike woelwaterwandelinge

Oor wonderlike woelwaterwandelings

Toe hy nog ’n pap baba-bondeltjie was, was daar nie veel wat ek aan sy saligheid kon doen nie. Ek kon eintlik maar net droom. Droom oor die dag wanneer sy eksklusiewe belangstelling in sy ma so effens sou vervaag en hy van my ook notisie sou begin neem. Voor my geestesoog kon ek al sien hoe ek my vadersrol vertolk deur hom met die grootste geduld in die weë van die wêreld te onderrig. En vandag, anderhalf dosyn vermaandsdae […]
Januarie 27, 2016
FullSizeRender[8]

Oor middernagtelike malligheid (opgedra aan Michelle)

“O wat is die slaap, ’n wondersoete ding!” Dis 2:46. Voormiddag. Terwyl ek in die stikdonker na die onsigbare plafon staar, maal dié gevleuelde woorde van D.F. Malherbe deur my gedagtes. Oor en oor en oor. Sy het maar flussies eers haar kop kom neerlê na nóg ’n uitmergelende sessie in die babakamer. Tandekry is nie vir sissies nie. Om ’n ma te wees ook nie. Môre sal haar kollegas weer, na aanleiding van die kringe onder haar oë, spottenderwys […]
Januarie 27, 2016
7 Oor Facebook vir babas

Oor Facebook vir babas

’n Vriend van my, gewoonlik ’n eersterangse kruidjie-roer-my-nie, gooi nou die dag die volgende irritasiebelaaide status update op Facebook: “wonder of daar ’n manier is om babafoto’s op FB te blok?” En as al die likes wat sy stelling ontlok het as maatstaf moet dien, staan dié vriend klaarblyklik nie alleen in sy onverkwiklikheid jeens babafoto’s op sy gunsteling sosiale netwerk nie. Nou súlke updates, wat tegelykertyd aan almal en aan niemand in die besonder nie gerig word, druk gewoonlik […]
Januarie 27, 2016
FullSizeRender

Oor hoe vinnig hulle groot word

Die meeste mense se daaglikse omgangstaal is deurspek met cliché’s, maar om nou 100% eerlik te wees, vee ek my daaraan af. Dis soos water op ’n eend se rug. Ek kan nie minder daaroor omgee nie. En al daai jazz. Wanneer mens egter die sfeer van ouerskap betree, gaan ’n hele nuwe cliché-dimensie voor jou oop en word jy genadeloos gepeper met ’n stortvloed holruggeryde sêgoed. “Hy is só cute”. “Ek sal hom ópvreet”. “Sjoe, hy lyk nét soos […]
Januarie 27, 2016
6 Oor soetgoed en suurgoed

Oor soetgoed en suurgoed wat voortspruit uit babagoed

Sleutel die woorde ‘tips for parents’ in Google se soekspasie in, en ’n duiselingwekkende 311 miljoen resultate spring uit die kuberruim na jou toe uit. Wat nogal intimiderend is. Doen dieselfde op Amazon se webblad, en ‘n relatief meer verteerbare 1,976 boeke maak daarop aanspraak om die gesaghebbendste gids vir suksesvolle ouerskap te wees. Toegegee, ek het nie jare se ondervinding met dié tipe ding nie, maar sover dit my betref kan al dié inligtingsbronne se raad (en raat) in een […]
Januarie 26, 2016
5 Oor vermoedens

Oor vermoedens, verwerpings en ‘n tyd wat sal kom

Houston, ons het ‘n probleem. My vrou is verlief op iemand anders. Ek het reeds vir ‘n geruime tyd snuf in die neus, maar tydens die laaste drie maande is my vermoedens bo alle twyfel bevestig. Ten minste weet ek wat sy naam is, hoe hy lyk en waar hy woon, en as dit tot ‘n vuisgeveg moet kom sal ek vir seker die botoon voer. Wat hom hier manifesteer, is die Oedipus-kompleks in trurat, want ek is jaloers op […]
Januarie 26, 2016
3 Oor D-dag

Oor sigare en die fanfare rondom ‘n Meconium-doek

Dis ‘n soel somersaand in Londen. In my miniatuurtuintjie, waar selfs ‘n Bonsai soos ‘n uitgegroeide kremetartboom vertoon, sit ek lustig en teug aan ‘n sigaar wat flussies nog in ‘n blou strikkie toegevou was. Hiérdie Kubaanse señor is een van ‘n omvangryke arsenaal diesulkes waarvoor ek my vriende wel innig dankbaar is, maar wat ek in ‘n leeftyd nie sal kan oprook nie – selfs al snel die A-team se Hannibal my ook te hulp. Met my kop diep […]