Reisstories

April 19, 2013
FullSizeRender

Barcelona-bedrywighede

Ek was altyd daarvan oortuig dat geen liedjie oor ‘n langer tydperk, of met groter intensiteit, in jou kop kan vassteek as ‘Row Row Row Your Boat’ nie. Die enigste ander liedjie wat ek gedink het dalk daarby sal kan kers vashou, is ‘The Wheels On The Bus’. Maar vir die ganse week wat ons in Barcelona spandeer het, kon ek dáárdie lied van Freddie Mercury en Montserrat Caballé oor en oor en oor in my kop hoor speel – […]
Januarie 1, 2013
23

Die Stockholm-sage

Ek moes geweet het dat dit sommer besimpeld van my is om in die middel van Januarie ‘n besoek aan die Sweedse hoofstad te wil bring. En daar loop ek my jou werklik vas in temperature van minus 15 grade Celcius. Nou kyk, dit was soos om ‘n kameel tussen die pikkewyne in Antarktika los te laat. Ná ‘n uur in die buitelug was my gesig pers van die koue, en die snot in my neus gevries. Ek het nog […]
Augustus 1, 2012
FullSizeRender (7)

Oor de wonderen van Vlaanderen

Om in Londen te woon hét sy kwota nadele. Geen twyfel daaroor nie. Maar sekerlik die grootste voordeel van ’n emigrantebestaan is dat dit mens in staat stel om te reis. Deur die jare het ek haas elke land in Europa besoek, en dis feitlik onmoontlik om één land as my gunsteling uit te sonder – die hele kontinent lê my na aan die hart. Maar tog is daar ’n landjie aan die westerkim waar ek nét nie genoeg van […]
Januarie 3, 2012
Vreemde verskynsels

Oor vreemde verskynsels in die Vaderland

Al die tekens is daar. My blakend gesonde gelaatskleur wat heeltemal uit pas is met dié tyd van die jaar. ’n Midderif waarom my broeke ongemaklik styf span. My kompulsiewe oorgebruik van die woord ‘eish’ en, nadat ek met onbevange vraatsugtigheid daarmee omgegaan het, my aversie in rooivleis oor die algemeen en skaaptjops in die besonder. Dit alles kan net een ding beteken: ek is terug in die Land van die Bleekbene na ’n vakansie in Suid-Afrika. Ek kan met […]
Januarie 2, 2012
Osim

Oor ôsim verskynsels in die Vaderland

Newton of Nietzsche of so iemand het eenkeer bevind dat daar ’n onbetwisbare korrelasie bestaan tussen die gelukstaat waarin ’n nasie hom bevind, en die omgangstaal wat deur die lede van daardie nasie gebesig word. Met my vorige besoek aan die Vaderland was die algemeen aanvaarde byvoeglike naamwoord van keuse die skaflike, dog ietwat verbeeldinglose ‘naais’. Die weer was naais. ’n Braai was naais. Die rugby was naais. Maar intussen is ‘naais’ opgegradeer tot die spoggerige, blinkgepoetsde ‘ôsim’. Die zeitgeist […]
Januarie 1, 2012
Limpøpø

Oor Limpôpô: die pôpôl van Suid-Afrika?

Vat die N1 in ‘n noordelike rigting uit Pretshwane, en dit neem jou nie lank om daar te kom nie. Wanneer tolhekke met gerusstellende reëlmaat voor jou begin opdoem, en jy omring word deur wetsgehoorsame padgebruikers, is jy op die regte pad. Wanneer dit begin wemel van padwaardige voertuie wat ’n wettige aantal insittendes karwei, is jy naby. En wanneer die roetewysers eers wêreldbekende name soos Mookgopong, Modimolle en Mokopane begin vertoon, het jy gearriveer. Welkom in Limpôpô! Wat mens […]
Augustus 1, 2011
Die werklike Loch Ness Monster - geen affiliasie met die EFF nie.

Skotland: oor lochs, monsters en ’n helse kakafonie

In Londen kry ons af en toe besoekers uit die Republiek, en dikwels is ’n vinnige draai deur Westminster ’n voldoende dis om hulle reishonger mee te stil. Maar wanneer jou blóédfamilie jou die dag op ’n besoek trakteer, beter jy ’n opreg geteelde haas uit die hoed uit pluk – natuurlik om te verseker dat daar in wederkerige gunsbewysing met jou volgende besoek aan Suid-Afrika ’n sappige Bloubulsteak op die spyskaart is. So bestyg ek, my broer en my […]
April 1, 2011
Die Lycabettus-heuwel - Athene se heuwel fantasties. Dit was eens op ‘n tyd die hoogste piek ter wêreld (wel, natuurlik wat die mense van daardie van bewus was!). Van hier af het jy ‘n fabelagtige uitsig oor die stad, maar wat my die meeste gefassineer het, was die vlieënde skepe op die horison. Inderdaad merkwaardig.

Athene – dit was Grieks vir my. Ελληνικής Δημοκρα.

Daar word nie om dowe neute na Athene as die wieg van die moderne beskawing verwys nie. Dis immers hiér waar die eerste tekens van Demokrasie sy kop uitgesteek het. Dis ook hiér waar die eerste Olimpiese Spele in 1896 aangebied is (wel, die eerste Olimpiese Spele waar die deelnemers nie in hulle geboortepakkies deelgeneem het nie). Om die waarheid te sê is daar só baie plekke van geskiedkundige belang te bespeur, dat dit soms voel of jy jouself in […]
Februarie 1, 2009
Daar was, behalwe vir Wellington se weermag, ook weermagte van Pruise (Noord-Duitsland), Rusland en Oostenryk aan't opruk teen Napoleon. Die enigste vervoermiddel vir troepe in daardie dae was egter te voet, wat beteken het dat die Russiese en Oostenrykse weermagte nog 'n paar dae se mars weg was van die slagveld. Die Pruisiese weermag, onder bevel van Blucher, het egter tydens die veldslag daar aangesuiker gekom en Wellington 'n handjie (en 'n paar kruitbolle op die koop toe) gegee - dit was 'n belangrike rede waarom Napoleon die veldslag verloor het.

Oor ‘n Belgiese drietal: Waterloo, Brussel en Ieper

As geskiedenisentoesias was ek lank reeds van voornemens om ‘n besoek te bring aan Waterloo – die slagveld waar Napoleon Bonaparte vir die laaste keer sy alie gesien het. Napoleon se imperialistiese uitbreiding is na ‘n mislukte inval in Rusland beëindig, en hy is in 1814 na die eiland Elba verban. ‘n Jaar later het hy egter ontsnap, aan die suidkus van Frankryk geland en nogmaals ‘n Franse mag van nagenoeg 72,000 manskappe op die been gebring. Die geallieerde magte was […]