Lukrake stories

April 13, 2016
16 - grammys

Oor ‘n aand by die Grammys

Dis nie wie jy is nie, dis wie jy ken. En ek ken vir Kobus Johnsen. En danksy sy ONGELOOFLIKE vrygewigheid kon ek ‘n lewensdroom verwesenlik deur die 58ste Grammy-toekennings in die Staples Center in Los Angeles by te woon. Nou kyk, dit was sonder twyfel die mees swierige geleentheid waar ek nog ooit ‘n das deur gesleep het. Nie eers Huis Olienhout se Eerstejaarsdinee van ’95 kan daarby kers vashou nie. Die dames, uitgedos in glansryke tabberds, en die […]
April 10, 2016
Die video volg onderaan hierdie hierdie inskrywing.

Oor die evolusie van die sokkiedans

Ek het gisteraand die twyfelagtige voorreg gehad om ‘n kontemporêre sokkiedans te kon bywoon. En hoewel ek vooraf nogal die ideaal gekoester het om ‘n nooi (wat ten minste reeds mondig moes wees, kug-kug) vir ‘n draai om die dansbaan te vat, is my rol, tot my wrede ontnugtering, tot dié van magrietjie-teen-die-muur gereduseer. Want sien, die evolusie van die sokkiedans het my ooglopend hééltemal verbygegaan. In die dae toe ek nog érnstig gebokjol het (hier in die middel 90’s) […]
April 10, 2016
14 - laaste wals

Oor die laaste wals

Op 23 Augustus 1998 het ‘n Air Gabon-straler my by Gatwick afgelaai, waar ‘n trein my ingesluk en by Victoria-stasie uitgespoeg het. En daar, op platform 7, het ek die eerste keer haar ritme gevoel. Sy het nie te danig beïndruk met my gelyk nie – ek was per slot van sake net een van duisende wat elke dag aan haar voorgestel word – maar desnieteenstaande het sy my in haar arms geneem en vir die eerste keer haar daaglikse […]
April 10, 2016
13 tekens van die tyd

Oor die tekens van die tyd

Daar is ‘n paar dinge in hierdie lewe waaraan geen sterfling kan ontsnap nie, soos die natuur se roepstem, die belastinggaarder se tentakels en, natuurlik, die ongenaakbare verbytik van die jare. Ja, daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tye daar is – die tekens dat jy die dae van jou jeug vir goed agterweë gelaat het. Om ‘n Saterdagaand by jou huis deur te bring vul jou nie […]
April 10, 2016
17 - herwaarts of derwaarts

Oor herwaarts of derwaarts

Mán, maar dis lekker om in Londen te bly. Brittanje is weliswaar nie meer die bakermat van imperialistiese vooruitstrewendheid wat dit ’n eeu gelede was nie, maar hier bevind mens jou tóg aan die voorhoede van die beskawing. Wat dit ookal is wat jou bloed vinniger laat vloei, hiér sal jy die beste toerusting, advies en middele kan bekom om jou passies mee uit te leef. Van tolletjiebrei en toutrek, tot by teedrink en transkontinentale toerisme. Die wêreld is op […]
April 10, 2016
12 Oor ons bokkies

Oor ons bokkies se jokkies

Nou kyk, hierdie ding het al lánkal begin. In Genesis 3:13 al, om presies te wees. En sedertdien het al die Evas van die wêreld saamgespan om hulle skaamtelose gejokkery tot ‘n ongeëwenaarde kuns te verfyn. Dít terwyl ons arme mans hulpeloos moes toekyk hoe hulle ons telkens ‘n rat voor die oë draai. Wel, die status quo verander vandág, want hier is ‘n lys van die grootste jokkies wat op ‘n gereelde basis uit daardie pruilmondjies kom. Skenk aandag […]
April 10, 2016
11 Oor taaltamelatjies

Oor die taaltameletjies van Londen-Afrikaners

Daar is baie wat mens van Londen kan sê, maar een ding wat nie altemit is nie, is dat dit ‘n stad van verskeidenheid is. Sóveel so dat my nougesette navorsing aan die lig gebring het dat daar op enige gegewe tydstip meer as driehonderd verskillende tale hier gepraat word. Oukei, toegegee, met ‘nougesette navorsing’ verwys ek eintlik na ‘n enkele blitsbesoek aan Wikipedia, maar tóg, selfs al halveer jy die resultate van my ‘navorsing’ het daar laas uit die […]
April 10, 2016
9 oor ons opinies

Oor ons opinies en opinies oor ons

Dis altyd amuserend om te verneem dat iemand uit die Republiek in Londen kom aandoen het, drie nagte in ‘n hotel in Mayfair oorgebly het, en dan, wonderbaarlik, ontpop het in ‘n kenner van alle dinge Brits. Dít ten spyte daarvan dat die ‘Engelse poppie’ agter die hotel se navraagtoonbank eintlik in Bydgoszsz, Pole, grootgeword het, en die ‘Rooinek-knaap’ agter die kroegtoonbank maar eers ‘n maand gelede uit Istanbul gearriveer het. Maar selfs al sou ons besoeker vir vyf jaar […]
April 10, 2016
18 - Tjoebkunde

Oor Tjoebkunde 101

Die Londense moltreinstelsel, of ‘Die Tjoeb’, soos ons plebs hom roep. Onontbeerlik, dog sielsverwoestend. ’n Parallelle heelal waar slegs een reël geld: daar geld geen reëls nie. As ’n veteraan van ’n geskatte 7,000 ritte op hierdie noodsaaklike boosheid, het ek nou al net mooi álles gesien. In die proses het ek genoegsame kennis opgedoen om ’n insiggewende gids vir die meer onervare pendelaar saam te stel, so hier gaat ons…of soos ons in tjoebtaal sou sê: “This train is […]
April 10, 2016
10 Oor die impak

Oor die impak van ‘n celebrity-ontmoeting

Ek het nie veel erg aan celebrities nie. In elk geval nie méér nie. As kannetjie het Naas Botha my feitlik elke aand in ’n droom kom besoek, en later jare was Michael Stipe van R.E.M. die vernaamste teiken van my tienerfiksasies. Tussendeur het ’n hele rits krieketspelers my kamermure versier én ek was boonop obsessief verlief op Meg Ryan. Maar deesdae staan ek grootliks afsydig jeens die sirkus wat met die celebrity-fenomeen gepaard gaan – verál wanneer die fokus van dié sirkus […]