Strontstories

April 20, 2016
oor name, vanne

Oor name, vanne, diere en dorpe

‘n Vooraanstaande dramaturg het eenkeer gevra: “What’s in a name?” En hoewel ek my repliek in ‘n noukeurig geformuleerde sonnet kan lewer, regverdig die eenvoud van die antwoord dit nie. Baie. Daar skuil báie agter ‘n naam. Veral as jy ‘n Afrikaner in Engeland is. Die geneukery met myne het sommer kort na my aankoms in Haar Majesteit se koninkryk ‘n aanvang geneem. Die dametjie agter die toonbank by Barclays Bank het my rekeningaansoekvorm met ‘n groot glimlag in ontvangs geneem, […]
Maart 9, 2016
10 - lottery

Oor die elfde gebod: jy mag nie dobbel nie

Ek sou graag die Britse lotery wou wen. Om ses nommertjies reg te voorspel is op die oog af nie die mees onbegonne taak nie, is dit? Dis egter die ergernis daarvan om week na week ’n pienk kaartjie met jou ‘gelukkige’ nommers op te bekom, dié stukkie papier dan soos goud te bewaar, en boonop nog te moet uitvind wat die wennommers vir jou trekking ook was, wat meebring dat ek my droom van kitsrykdom net louwarm najaag. Dan […]
Maart 9, 2016
9 - university challenge

Oor ’n universitêre uitdaging

Ek is mál oor game shows, oftewel ‘televisievasvraprogramme’, soos Edwill van Aarde dit in sy keurige Afrikaans sou sê. Om bulderend die korrekte antwoorde te verskaf op die vrae van die aanvallige Anne Robinson van Weakest Link-faam, gee my ’n euforiese genoegdoening wat dikwels vir weke lank duur. Die hupstoot wat my selfbeeld daardeur kry kan waarlik net geëwenaar word deur my (minder gereelde) akkurate voorspellings van die identiteit van die CSI-moordenaar. Oukei, toegegee, om ’n handvol van Me. Robinson […]
Maart 9, 2016
8 - Haat sneeu

Oor sonde met die sneeu

Dag 1: Dis net na sononder. Die eerste sneeuvlokkies begin skaam-skaam hulle verskyning maak. Vanuit die knusheid van ons sitkamer kyk ons glimlaggend hoe die hemelse witgoud geruisloos op die aarde neerdaal. So vreedsaam. So sereen. So skadeloos. Die oorblufte uitdrukking op klein Ben se gesiggie is onskatbaar; sy opgewondenheid aansteeklik. Ek kan skaars my éie opgewondenheid beteuel wanneer ek dink aan die sneeupret wat die dag van môre inhou. Ek hoop dit sneeu sommer die hele nag lank. Dag 2: Dit […]
Maart 7, 2016
OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Oor my persoonlike Kamp Staaldraad

As adolessent was my tandartsbesoeke blote formaliteite – soomloos en moeitevry. Mý tiener-jeremiades was gesetel in die afwesigheid van my kuite, in die áánwesigheid van my puisies, en in my windmaker-step se halsstarrige weiering om soos Vanilla Ice s’n te gaan lê. My tande, uit ’n ellelange lys van potensiële moontlikhede, was die lááste ding waaroor ek ooit selfbewus sou voel. Maar ’n jaar of vyf gelede het ek tot die onrusbarende besef gekom dat als nie pluis was met […]
Maart 7, 2016
12 - skakerings

Oor vyftig skakerings van Swart (slegs vir volwassenes)

My naam is Swart. Pik Swart. Ek onthou daardie dag soos gister. Dié dag toe ek met my loodgieterswa in haar oprit ingetrek het. Haar grasperk het my met die eerste oogopslag opgeval. Dit was ruig. En welig. En dig begroei. Só anders as die hedendaagse tendens om net ’n klein grasperkie te hê. Of inderdaad géén gras te hê nie, dáár waar voorheen ‘n ruie grasperk was. Met my sterk, manlike kneukels het ek aan haar swaar houtvoordeur geklop. […]
Maart 7, 2016
5 - facebook

Oor Facebook, status updates en voorkombare faux pas

Facebook. Soos dit deesdae wil voorkom, hou almal dié Mark Zuckerberg-breinkind styf teen die boesem. Behalwe natuurlik vir die volslae rekenaarongeletterdes onder ons. Maar dit vereis nie eintlik superieure kuberkrakerkennis om ‘n Facebook-profiel te skep nie. Inteendeel. Jy kan in ‘n japtrap vir jou ‘n persoonlike nessie op die interweb oopskrop, maar dis wat jy alles daar in jou nessie aanvang waarop jy moet let, want die Facebook-monster lê besáái met potensiële sosiale slaggate. Neem byvoorbeeld die nederige status update. […]
Maart 7, 2016
Insubordinate man with zipped mouth

Oor Doffel, Babbel en Bekkie. Veral Babbel.

Daar is een ding wat al ons sterflinge met mekaar in gemeen het. Ons praat. Die skoner geslag veel meer as hul vuiler eweknieë, maar praat die praat ons almal. My volslae onwetenskaplike navorsing het aan die lig gebring dat die gemiddelde mens bykans tienduisend woorde per dag uiter, maar die meeste mense vermors (mos) minstens die helfte van hul praattyd op onsinnighede. Dis daarom hoogtyd dat die wag voor jou mond ‘n ogie begin hou oor die retoriese babbelarye […]
Maart 7, 2016
3 - babelse verwaring

Oor ‘n Babelse verwarring van amazing proporsies

Ek hoor daar’s ‘n rumour dat ek ‘n taalpuris is. Maar dis sommer rubbish. Ek mind dit actually glad nie wanneer iemand sy taal mix nie en is, in fact, heavy chilled daaroor. Wat my seriously irriteer, however, is wanneer iemand weier om Afrikaans te praat, nét omdat hy dink dat hy te cool is daarvoor. Net nou die dag het ek bietjie opgecatch met ‘n buddy van my. Ons het sommer deur ‘n shopping mall gecruise en bietjie window […]
Maart 7, 2016
7 - kak

Oor dubbel k, middel a

Dis altyd die eerste woord wat in ’n wankelrige handskrif deur ’n ondeunde graad 2-leerling aan die agterkant van ’n skooltoiletdeur uitgekrap word. En dis dikwels die eerste woord wat jy skelmpies tot jou eie genoegdoening tydens een van jou eerste potjies Rummy gespel kry. Mits jy natuurlik twee konings en ’n aas in jou hand hou. En soos jy in jare vorder, leer jy dat dié kort, maar kragtige woordjie, met groot sukses in ’n wye verskeidenheid sosiale scenario’s […]