China-stories

Maart 5, 2017
Via TV

Oor Fanie Os Oppie TV

Ek sou graag my TV-debuut wou maak nadat ek iets merkwaardig vermag het. Iets sinvol, jy weet? Soos om die Comrades op een been te voltooi. Of om ‘n donkie vir die July-perdewedren in te skryf – en te wen. Maar soos wat Salomo millennia gelede al in sy legendariese wysheid opgemerk het: “Dwaas is die man wat vir die TV-gode wil dikteer, maar wys is hy wat vat wat hulle na sy kant toe gooi.” En in daardie stukkie […]
Februarie 20, 2017
Kakkerlak

Oor die Derde Wêreldoorlog

Ek skrik nie vir ‘n koue pampoen nie. Ook nie vir insek-gedrogte wat in die tyd van die dinosourusse reeds die evolusiepad byster geraak het nie. Ék is immers ‘n kind van die land van oorkruipers, duisendpote, mierleeus en miskruiers, en daarom laat ek my nie intimideer deur sommer énige hierjy van ‘n ongewerwelde diertjie nie. Maar hier, in die geooste waar ek tans my heil soek, kruis my pad gereeld met die grillerigste goggas* wat mens jou kan indink. Van bykans […]
Februarie 13, 2017
1

Waar die Groot Muur van China begin…of eindig…of begin.

Alles het ‘n begin, en alles het ‘n einde. Behalwe natuurlik vir Chuck Norris. En 7de Laan. Chuck Norris is immers nie gebore nie – hy was maar net nog van altyd af daar. En of jy nou daarvan hou of nie, 7de Laan gaan met ons wees tot die hane ophou kraai, tot die leeu en die lam by mekaar gaan lê, tot daar gras aan die hemelruim groei. In ‘n neutedop, totdat alles in “Was Ek Maar ‘n […]
April 17, 2016
8 - China vs SA

Oor ‘n Suid-Afrikaanse vakansie uit ‘n Chinese perspektief

Nou ja. Vier weke, duisende kilometers, menige ete-afspraak, etlike brandewyne-en-Coke, veertien verskillende beddens (en ‘n sitkamerbank) later, staan ek nogmaals aan die einde van ‘n onvergeetlike vakansie in Suid-Afrika. En soos altyd, stel my status as expat my in staat om ‘n reeks objektiewe observasies op ‘n subjektiewe manier te maak. Deur die loop van die afgelope paar weke kon ek dus die volgende onwetenskaplik-geformuleerde gewaarwordinge maak, en ek deel dit graag met wieookal mag belangstel:   Biltong smaak beter […]
April 17, 2016
7 - oueraand

Oor ‘n verjaarsdag-oueraand

Nou ja, só het my eerste verjaarsdag agter die Bamboesgordyn toe sy onvermydelike opwagting gemaak. En as ’n spesiale vergunning het die skool-burokrate besluit om my op dié spesiale dag te bederf met niks minder nie as ’n… oueraand. So, in plaas daarvan om fees te vier met ’n koue, Chinees-gebroude Tsing Tao in die hand, moes ek die een na die ander immer-gierige ouer verseker dat sy/haar telg wél eendag ’n historikus van formaat sal wees. Maar jy weet […]
April 17, 2016
6 - Draakdans

Oor ‘n draak(dans) van ‘n ander kleur

Die e-pos, wat gerig was aan alle personeel, het só gelees: “Dear colleagues, as part of the school’s celebrations of the Chinese New Year, a dragon dance contest will be held between the staff members of the junior and senior campuses. Each team will consist of ten members, and participants will be selected on a first-come, first-served basis. If you would like to take part in this event, please send an email to Ms. Liu to indicate your interest. She will […]
April 17, 2016
Chinese and British Relations Concept Image - Flags of China and the United Kingdom Fading Together

Oor die grootste verskil tussen Londen en Guangzhou

My arme, árme ooroupagrootjie. Die man sal seker in sy graf rondtol as hy moet weet met hoeveel vraatsug ek die afgelope drie weke in die hoofstad van Haar Majesteit se koninkryk opgevreet het. En wat dit selfs erger maak, is dat dit ook nie die eerste keer sal wees dat hy teleurgesteld sou wees met my aangeleerde lojaliteit jeens die eertydse geswore vyande van hom en my ander voorsate nie. Ek het immers vir vyftien jaar lank hierdie bakermat […]
April 17, 2016
4 - Moontrekker

Oor ‘n nagtelike wandeling van uiterste proporsies

Baie mense het al iets uitmergelends in die naam van liefdadigheid aangepak. Ek wou onder geen omstandighede in hiérdie afdeling agterweë gelaat word nie, en daarom het ek en drie van my kollegas ‘n nagwandeling van 30km in die heuwels rondom Hongkong aangepak – in die eerbare naam van liefdadigheid. Om egter na die MoonTrekker as ‘n ‘wandeling’ te verwys, doen eintlik geen reg aan presiés hoe uitmergelend dié staptog was nie. Maar lees gerus die onderstaande inskrywing (wat in […]
April 17, 2016
3 - supermark

Oor ‘n eerste besoek aan ‘n Chinese supermark

Die Bybel sê mens kan nie van brood alleen lewe nie, maar dalk moes dit eerder ‘rys’ gewees het, want soos wat ek ná my hervestiging in China ontdek het, kan mens beslis ook nie van rys alleen lewe nie. Ek het geweet dat ek my eetgewoontes sou moes aanpas, maar niks sou my kon voorberei op wat op my sou wag nie, of meer spesifiek: wat nié op my sou wag nie. In Sainsbury’s was dit altyd so maklik. […]
April 17, 2016
2 - weerstories

Oor die weer in Guangzhou

Nou ja, soos dit ‘n goeie kwasi-Engelsman betaam, behoort ek seker my China-vertellinge af te skop deur verslag te lewer oor die weer… Indien ‘n vraag daaroor ses maande gelede tydens ‘n pub-vasvra in my rigting gegooi is, sou ek nie geweet het dat Guangzhou (uitgespreek Ghwang-djou) populasiegewys die derde grootste stad in China is nie. En indien ek gevra sou word om die ligging daarvan op ‘n wêreldkaart aan te dui, sou my onkunde my spanmaats met hul hande […]