Barcelona-bedrywighede

FullSizeRender

Ek was altyd daarvan oortuig dat geen liedjie oor ‘n langer tydperk, of met groter intensiteit, in jou kop kan vassteek as ‘Row Row Row Your Boat’ nie. Die enigste ander liedjie wat ek gedink het dalk daarby sal kan kers vashou, is ‘The Wheels On The Bus’. Maar vir die ganse week wat ons in Barcelona spandeer het, kon ek dáárdie lied van Freddie Mercury en Montserrat Caballé oor en oor en oor in my kop hoor speel – en elke kort-kort het die refrein met ‘n magtige crescendo in my brein losgebars. En dit het my nie in die minste gepla nie, want ja, it was the first time that we met…maar o goeiste, dit was liefde met die eerste oogopslag. Dit was die strande, dit was die kos, en dit was die uniekheid van Gaudi se argitektoniese vernuf. Al dié dinge van Barcelona het my hart gesteel.

Maar dit was ook my besoek aan die Bernebéu – daar waar FC Barcelona hulle ding doen, wat ‘n diep indruk op my gemaak het. Kyk, ek is lief vir die Bulle. En vir die Bokke. En verál vir die Proteas. Maar dáár het ek ‘n sportverwante belewenis gehad wat my vir ewig sal bybly. Met meer as 100,000 amptelike ondersteuners bestaan daar min twyfel dat FC Barcelona een van dié toonaangewende sportklubs in die wêreld is. Ek was voorheen geen volgeling van enige rônnebôlspan nie, maar nadat ek ‘n draai deur hulle hoofkwartiere gaan gooi het, sien dinge deesdae anders daar uit. Barca! Barca! Barca!

facebook-page

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Bly op hoogte

Fanie Os Oppie Jas



Volg my,
maar moenie
my ágtervolg
nie.