Geskiedenisstories

April 8, 2016
6. Groot Trek

Vyf vrae oor die nalatenskap van die Groot Trek

Waarom is die Groot Trek steeds relevant tot die Suid-Afrikaanse geskiedenis? Die Groot Trek is steeds relevant tot Suid-Afrikaanse geskiedenis om veral twee redes. Eerstens vanweë die feit dat dit ‘n belangrike era van Europese uitbreiding na die Suid-Afrikaanse binneland ingelui het. Dit was ‘n tydperk van kontak tussen Europeërs en inheemse volke wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis onherroepbaar sou verander en die verhoudinge tussen die nasies van Suid-Afrika sou beïnvloed en vorm. Daar kan inderdaad geargumenteer word dat die Groot […]
April 8, 2016
5. Khoikhoi

Die Khoikhoi: uitwissing van ‘n ganse nasie

Vanaf die vroegste tye – 2,000 tot 3,000 jaar gelede – was die Khoikhoi ‘n nomadiese nasie wie se ekonomiese lewensvatbaarheid in hoofsaaklik twee faktore gegrond was, naamlik die beskikbaarheid van grond en die besit van vee. Vee was nie slegs ‘n voedselbron nie, maar het ook gedien as ‘n aanduiding van ‘n Khoi-persoon se sosiale status. Die Khoikhoi se ganse bestaan het dus gewentel rondom die uitbreiding en instandhouding van hul veekuddes. Tussen die jare 1652 en 1720 het […]
April 8, 2016
4. Stormloop

Die Stormloop vir Afrika: die geboorte van Afrika-kolonialisme

Gedurende die negentiende eeu het verskeie Europese moondhede hul belange in Afrika begin uitbrei. Dit was grootliks op ‘n beperkte skaal, en die status quo was om die direkte administrasie van ‘n uitgestrekte, digbevolkte, vreemde gebied te probeer vermy. Die stadige penetrasie van Afrika gedurende die negentiende eeu het egter ontaard in ‘n stormloop om grondgebied gedurende die laat 1870’s, as gevolg van komplekse faktore. Grondliggend hiertoe was die Europese moondhede se strewe na die uitbreiding van hul ekonomiese belange, […]
April 8, 2016
3. Khoisan

Die Khoikhoi en die San: soortgelyk, maar tóg verskillend

Wanneer daar aan die pre-koloniale inwoners van Suid-Afrika gedink word, bestaan daar ‘n geneigdheid onder moderne Suid-Afrikaners om die San en die Khoikhoi oor dieselfde kam te skeer. Alhoewel daar ooreenkomste tussen hierdie twee groepe bestaan het, was daar ook duidelike verskille te bespeur. Hiérdie ooreenkomste en verskille kan gegroepeer word onder ekonomiese aktiwiteite, sosiale organisasie en politieke struktuur. Die ekonomiese aktiwiteite van die San was inderdaad baie primitief. Die San het in hul behoeftes voorsien deur jag te maak […]
April 8, 2016
A statue of Augustus Caesar in front of the site of the Forum of Augustus, Rome, Italy.

Keiser Augustus: die ontwikkeling van ‘n diktatorskap

Tussen 27 VC en 14 NC het Augustus ‘n aantal magte en titels bekom wat aan hom absolute beheer oor aangeleenthede op tuisbodem en oorsee besorg het… Imperator Caesar Divi Filius Augustus (gebore Gaius Octavius) is sonder twyfel een van die mees beroemde Romeine van alle tye. Hy was die aangenome seun van Julius Caesar, en het ná die moord op laasgenoemde as militêre en politieke leier op die toneel verskyn. Met die verloop van tyd het sy houvas op […]
April 8, 2016
1. Otto

‘n Nuut-verenigde Duitsland word deur tweespalt bedreig: Otto von Bismark se uitdagings

Op 18 Januarie 1871, met die proklamasie van Wilhelm 1 van Pruise as keiser, het die Tweede Duitse Ryk tot stand gekom. Otto von Bismarck, die argitek van die Ryk en ‘n geswore Pruisiese patriot, is as kanselier aangewys. Die Ryk was slegs ‘n demokrasie in naam, want die realiteit was dat Bismarck ‘n verbloemde outokraat was, en alles in sy vermoë sou doen om Pruise se heerskappy binne die Ryk te beskerm en uit te brei. Die grondwet was […]