Aktuele stories

Februarie 27, 2016
1 Oor tjorre, snorre

Oor tjorre, snorre en potte vol tjolle

Dis alweer dáárdie tyd van die jaar. Dit begin met die skalkse deurskemering van ’n paar stoppels – ’n subtiele sinspeling op wat straks ’n rowwe naweek was. Met die verloop van ’n paar dae begin dit egter gedy, totdat die onteenseglike bewyse daar is vir almal om te sien. En wanneer die produk van die skeerstaking wasdom bereik, word die onderste deel van die somtotaal onseremonieel weggesnoei en voila! Pappa is gereed en uitgevat vir Movember! As ’n voormalige […]
Februarie 27, 2016
12 Oor Boere wat nie mag nie

Oor Boere wat nie mag nie

Elke nou en dan kom daar iemand verby wat ons Afrikaners se kollektiewe naam gat maak. Grúwelik gat maak. Soos Dirk Prinsloo en Adv. Barbie, Die Waterkloof-vier of Die Flooze. Of die domste slim mens op aarde, Dan Roodt, of selfs Piet van Zyl, die moroon wat daai keer die ref getêkkel het. Maar hierdie lotjie se mannewales is maar mierleeugaatjies in vergelyking met die slaggat-tussen-Brits-en-Thabazimbi waarvoor ons trop Bosveldbrekers, die Boeremag, pa moet staan. In Oktober 2002 het ’n […]
Februarie 27, 2016
11 Oor die ding met Oscar

Oor dié ding met Oscar Pistorius

Net soos die res van die wêreld het ek daai oggend met skok verneem dat hy sy meisie doodgeskiet het. Ek kon dit nie glo nie. Ek wóú dit nie glo nie. Maar soos die feite langsamerhand begin deursypel het, kon ek nie anders as om ’n verdoemende houding jeens hom in te neem nie. Het die bure dan nie kort voor die skietery ’n rusie uit sy woonplek hoor opklink nie? En is haar skedel nie verbrysel met ’n […]