Oor ‘n Babelse verwarring van amazing proporsies

3 - babelse verwaring

Ek hoor daar’s ‘n rumour dat ek ‘n taalpuris is. Maar dis sommer rubbish. Ek mind dit actually glad nie wanneer iemand sy taal mix nie en is, in fact, heavy chilled daaroor. Wat my seriously irriteer, however, is wanneer iemand weier om Afrikaans te praat, nét omdat hy dink dat hy te cool is daarvoor.

Net nou die dag het ek bietjie opgecatch met ‘n buddy van my. Ons het sommer deur ‘n shopping mall gecruise en bietjie window shopping gedoen. Oor lunch het ons gechat oor die nuwe iPhone. Volgens my buddy is dit ‘n awesome gadget, en daarom het ek besluit om dit te gaan uitcheck…en miskien myself vir ‘n change te spoil.

Maar by die Apple Store was dit hectic. Die queue was massive, en binne die shop was daar ‘n hele crowd wat obviously almal op dieselfde mission as ek was. Ek het begin panic en gedink ek sal lucky wees om net ‘n iPhone te sien, nevermind een te koop. Gelukkig spot ek toe ‘n shop attendant, en op sy name tag staan daar ‘Frikkie’. Ek het, as you do, in Afrikaans met hom begin praat, maar hy het my flat ignore. Ek het eers gescheme hy joke net, en weer probeer. Dis tóé dat hy my face, en oh my word, if looks could kill! Hy het my mooi laat verstaan dat hy nét Engels sal praat, omdat hy nie gefire wil word nie. ‘Ja, whatever’, het ek gedink.

Ek kon sy attitude nie glo nie, en ek het my actually sommer vir hom gestrip. Ek bedoel, so what as hy aangesê is om Engels te praat? Hy kon seker nie só desperate gewees het om sy baas te impress nie. Dis after all net ‘n job, dude! En die bottom line is tog om goeie customer service te lewer, en goeie customer service is nie wat ék experience het nie. Nee wat, die hele situasie het gesuck. Mag Frikkie vinnig sy act together kry.

By the way, ek het my iPhone gekry, en dié ding is stunning hoor! Dis miskien nie almal se cup of tea nie (die een se kitsch is mos die ander se class), maar ék like dit big time. En die amazingste van als is dat jy op Apple se website kan register om updates te kry oor allerhande awesome stuff, soos die nuutste tracks wat gerelease is, apps wat jou profile fit, en nog veel, véél meer. Hoe cool is dit? Die enigste hassle is dat jy ‘n username en password nodig het, maar selfs dít kan mens in no time uitgesort kry.

So anyway, die moral of the story? Solank jy nice is met my, kan jy my tune hoe jy wil. Ek sal jou nie judge nie en ek sal nie dink jy’s ‘n loser nie. Dis genuinely nie ‘n big deal nie, want daar is baie groter issues in die wêreld as om uit te freak oor iemand wat nie old school Afrikaans praat nie. Maar práát dit tog net, for goodness’ sake, al kom dit ook hóé screwed up uit. En moet net nooit embarrassed voel oor die feit dat jy Afrikaans is nie, want ons rock. En dís for sure!

*Hierdie inskrywing het oorspronklik as ‘n rubriek in The South African verskyn.

facebook-page

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Bly op hoogte

Fanie Os Oppie Jas



Volg my,
maar moenie
my ágtervolg
nie.