Die Stockholm-sage

23

Ek moes geweet het dat dit sommer besimpeld van my is om in die middel van Januarie ‘n besoek aan die Sweedse hoofstad te wil bring. En daar loop ek my jou werklik vas in temperature van minus 15 grade Celcius. Nou kyk, dit was soos om ‘n kameel tussen die pikkewyne in Antarktika los te laat. Ná ‘n uur in die buitelug was my gesig pers van die koue, en die snot in my neus gevries. Ek het nog nooit so iets beleef nie. Maar daar was iets anders wat ek óók nog nooit beleef het nie – in temperature van -15C lyk dit of iemand ‘n sak goudkleurige blinkertjies die lug in gegooi het. Blykbaar is dit net gevriesde vog, maar hoor hier, dis ‘n gesig om te aanskou. Op van die foto’s hier onder kan mens ‘n redelike idee daarvan kry. En gepraat van foto’s – in daardie snerpende koue het daar gesigte ontvou waaroor my kamera baie, báie bly was…

Januarie 2013

facebook-page

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Bly op hoogte

Fanie Os Oppie Jas



Volg my,
maar moenie
my ágtervolg
nie.