Oor ‘n Belgiese drietal: Waterloo, Brussel en Ieper

Daar was, behalwe vir Wellington se weermag, ook weermagte van Pruise (Noord-Duitsland), Rusland en Oostenryk aan't opruk teen Napoleon. Die enigste vervoermiddel vir troepe in daardie dae was egter te voet, wat beteken het dat die Russiese en Oostenrykse weermagte nog 'n paar dae se mars weg was van die slagveld. Die Pruisiese weermag, onder bevel van Blucher, het egter tydens die veldslag daar aangesuiker gekom en Wellington 'n handjie (en 'n paar kruitbolle op die koop toe) gegee - dit was 'n belangrike rede waarom Napoleon die veldslag verloor het.

As geskiedenisentoesias was ek lank reeds van voornemens om ‘n besoek te bring aan Waterloo – die slagveld waar Napoleon Bonaparte vir die laaste keer sy alie gesien het.

Napoleon se imperialistiese uitbreiding is na ‘n mislukte inval in Rusland beëindig, en hy is in 1814 na die eiland Elba verban. ‘n Jaar later het hy egter ontsnap, aan die suidkus van Frankryk geland en nogmaals ‘n Franse mag van nagenoeg 72,000 manskappe op die been gebring. Die geallieerde magte was vasbeslote om hom hierdie keer geheel en al te verwoes, en op 18 Junie 1815 het Napoleon naby die Belgiese dorpie Waterloo te staan gekom teen ‘n mag bestaande uit Britse, Hollandse en Belgiese soldate onder die bevel van die Hertog van Wellington…

Februarie 2009

 

facebook-page

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Bly op hoogte

Fanie Os Oppie Jas



Volg my,
maar moenie
my ágtervolg
nie.