April 20, 2016
oor name, vanne

Oor name, vanne, diere en dorpe

‘n Vooraanstaande dramaturg het eenkeer gevra: “What’s in a name?” En hoewel ek my repliek in ‘n noukeurig geformuleerde sonnet kan lewer, regverdig die eenvoud van die antwoord dit nie. Baie. Daar skuil báie agter ‘n naam. Veral as jy ‘n Afrikaner in Engeland is. Die geneukery met myne het sommer kort na my aankoms in Haar Majesteit se koninkryk ‘n aanvang geneem. Die dametjie agter die toonbank by Barclays Bank het my rekeningaansoekvorm met ‘n groot glimlag in ontvangs geneem, […]
April 17, 2016
8 - China vs SA

Oor ‘n Suid-Afrikaanse vakansie uit ‘n Chinese perspektief

Nou ja. Vier weke, duisende kilometers, menige ete-afspraak, etlike brandewyne-en-Coke, veertien verskillende beddens (en ‘n sitkamerbank) later, staan ek nogmaals aan die einde van ‘n onvergeetlike vakansie in Suid-Afrika. En soos altyd, stel my status as expat my in staat om ‘n reeks objektiewe observasies op ‘n subjektiewe manier te maak. Deur die loop van die afgelope paar weke kon ek dus die volgende onwetenskaplik-geformuleerde gewaarwordinge maak, en ek deel dit graag met wieookal mag belangstel:   Biltong smaak beter […]
April 10, 2016
14 - laaste wals

Oor die laaste wals

Op 23 Augustus 1998 het ‘n Air Gabon-straler my by Gatwick afgelaai, waar ‘n trein my ingesluk en by Victoria-stasie uitgespoeg het. En daar, op platform 7, het ek die eerste keer haar ritme gevoel. Sy het nie te danig beïndruk met my gelyk nie – ek was per slot van sake net een van duisende wat elke dag aan haar voorgestel word – maar desnieteenstaande het sy my in haar arms geneem en vir die eerste keer haar daaglikse […]

Grofgeskut

Ook geskud

Bly op hoogte

Fanie Os Oppie Jas



Volg my,
maar moenie
my ágtervolg
nie.