Strontstories

Maart 7, 2016
1 - Die Springdoppe

Oor Die Springdoppe en ‘n Suiplapwêreldbeker

Wêreldbekerkoors het alle vlakke van die samelewing stewig in sy greep, soos duidelik blyk uit dr. Ray Eberlein van die Sentrale Dwelmowerheid se bewering in die parlement verlede week dat “Suid-Afrika loshande sal wen indien daar ‘n Wêreldbeker vir drinkers gehou word”. Nou kyk, my lewer begin op slag lafhartig terugdeins by die blote gedagte aan Tuks se JOOL of Lentedagvierings, maar die goeie dokter se aanspraak is ‘n brawe een wat moeilik gekwantifiseer kan word. Ek is immers al […]
Maart 7, 2016
2 - krieket

Oor village cricket en ‘n hou teen die pit

Ah, village cricket. ‘n Bastion van die Engelse somer, en ‘n weeklikse rekreasionele aktiwiteit vir honderde middeljarige mans wat steeds die droom van daardie ewig ontwykende driekuns najaag. En waarom nié jouself in skarlaken tooi en ‘n paar trieks op ‘n stukkie van die shire gaan uithaal nie? Daar is immers áltyd een man en sy hond wat dié petalje gade slaan, en enigiemand hou tog daarvan om hulle ding voor ‘n skare te doen. Nou kyk, ek is geen Jacques […]