Reisstories

April 21, 2016
1

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 3: Montana

Ek is al met ‘n vorige geleentheid welkom geheet in Montana. Dít was egter in 1990, dit was my eerste dag in standerd 6, en dáái ‘Montana’ was Hoërskool Montana. Hierdie keer was daar darem geen matrieks wat ‘n bokstert in my kortgekapte eerste-dag-van-die-nuwe-skooljaar-hare wou maak nie, en niemand het daarop aangedring dat ek my bloedgroep en ander irrelevante persoonlike inligting op ‘n bord om my nek dra nie (natuurlik het ek op hierdie punt aan my skoollied gedink, wat […]
April 21, 2016
1b

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 4: Yellowstone

Toe ek nog ‘n kinders was, was ons pál in die Krugerwildtuin. Ons Wildtuin-besoeke was só endemies, dat dit eintlik ‘n verrassing was wanneer ons woonwa uitgetrek is met die see of ‘n Aventura-oord as sy bestemming. Die Wildtuin was soos die hemel vir my, en van my beste herinneringe uit die 1980’s behels ‘n voortgekruiery teen 40km/h, in doodse stilte (die enigste toelaatbare kasset in die karradio was ‘Bosveldgeluide’, en dáái outjie is eers te voorskyn gebring wanneer ons […]
April 21, 2016
14

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 5: Salt Lake City

Op ‘n dag in 1820, net buite New York, het Joseph Smith ‘n woudagtige gebied binnegestap. Tydens die voorafgaande maande het die 15-jarige Joseph ‘n diép innerlike worsteling beleef – oor die verwarrende religieuse idees binne sy gemeenskap, binne sy familie, en binne homself. Die begeerte om uitsluitsel te verkry oor watter een van die kerklike denominasies van die dag nou éintlik die Bybelse waarheid verkondig het, het soos ‘n vuur binne hom gebrand, aangesien hy oortuig was dat daar […]
April 21, 2016
1

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 6: Bryce Canyon

Sowat vyf ure se ry van Salt Lake City af, in die suide van Utah, is ‘n natuurlike wonder wat nog grootliks ‘n geheim is. In vergelyking met Zion National Park en die Grand Canyon, word Bryce Canyon deur relatief min toeriste besoek, grootliks vanweë sy afgeleë ligging. Maar dáárdeur het ek my nie laat afskrik nie! Ten spyte van sy naam, is Bryce Canyon inderwaarheid glad nie ‘n canyon nie. Sy uitstaande kenmerk is die ‘hoodoos’ – rotsvingers wat […]
April 21, 2016
1

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 7: Monument Valley

Ek het vandag vergeet watter dag van die week dit is – net een keer, vlugtig, maar dit hét gebeur. Ek moes al die pad terugkrabbel na voorverlede Vrydag toe, om van daar af te begin om elke plek waar ek geslaap het op te roep, sodat ek die dae wat verloop het kon tel, om uiteindelik te besef dat vandag Maandag is. Volgende keer sal ek, in plaas daarvan om so byna my brein te bars, met veel minder […]
April 21, 2016
1

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 8: die Grand Canyon

Dis nou maar één ding van die Grand Canyon – hy ís grand. Nie fênsie nie. Nie grênd nie, maar mond-oopval, snak-na-jou-asem…G-R-A-N-D. Verbeel jou jy staan op ‘n gelyke stuk aarde. Probeer nou om ‘n punt te sien wat sowat twintig tot vyf-en-twintig kilometer van jou af weg is. Goed. Verbeel jou nou dat die grond tussen jou en daardie denkbeeldige punt eenvoudig wegsink in die aarde, in ‘n opeengestapelde netwerk van kranse, valleie en ‘n rivier – dít is […]
April 21, 2016
19

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 9: Las Vegas

It’s Vegas Baby! En soos wat almal weet: what happens in Vegas, stays in Vegas. En daarom mag ek ongelukkig nie daaroor uitpraat nie. 😉      
April 21, 2016
2

‘n Amerikaanse avontuur. Deel 10: die Pacific Coast Highway

Ek het geweet dinge was besig om net té goed te gaan. In agttien dae, en oor ‘n afstand van bykans 5,000 km, het ek immers nog niks gebreek, verlê, verloor of verpas nie, en daarom was dit net ‘n kwessie van tyd voordat die ying-yang-ewewig met méning herstel sou word… Los Angeles en San Francisco lê nie te ver weg van mekaar nie. As jy Google Maps op ‘n slimfoon bekyk, is daar skaars twee duimnaels tussen dié twee […]
Junie 5, 2013
22a

Oor ‘n Poolse pelgrimstog

Dag 1 en 2 Op verreweg die meeste dae gebeur daar niks wat die moeite werd is om oor huis toe te skryf nie. Maar die laaste twee dae was anders. Ek het besluit om myself te bederf met ‘n mini-pelgrimstog Pole toe. En nou volg ek in die voetspore van Nazi’s, Sowjet-troepe en heldhaftige Poolse opstandelinge (as jy Roman Polanski se The Pianist gesien het sal jy weet waarna ek verwys). Ek mis egter my gereelde reisgenote. Noudat my […]
Junie 1, 2013
'n Klein entjie weg van die hoofkamp, Auschwitz, het die Duitsers Auschwitz II, oftewel Birkenau, gebou. Hierdie ikoniese toneel het ek al by talle geleenthede in historiese literatuur aangetref. Dit was daarom 'n groot oomblik in my lewe om dié gesig met my eie oë te kon aanskou, en ek sê dit met uiterste respek aan die honderdduisende mense vir wie dit een van die laaste beelde was wat hulle oë sou vasvang voordat hulle koelbloedig vermoor is.

Auschwitz-Birkenau: die vergestalting van boosheid

Hiér het die Nazi’s 1.3 miljoen mans, vroue en kinders koelbloedig vermoor. Twee-en-twintig volgepakte rugbystadions – almal dood. En vir die oorgrote meerderheid was hul enigste sonde dat hulle nie in die Führer se etniese suiweringsplanne gepas het nie. Nou kyk, dis nie asof ek onvoorbereid was vir wat op my gewag het nie. ‘n Besoek aan Auschwitz was immers al vir jare lank op my reis-wenslys – wat dalk júís die rede was dat ek so aangedaan gevoel het deur […]