Lukrake stories

Februarie 25, 2016
8 Oor die 50ste

Oor die 50ste Fanie Os Oppie Jas

Sowat agttien maande gelede het ek op bloot toevallige wyse paaie gekruis met Heather Walker, die hoogs vernuftige redaktrise van The South African. Oor ’n glasie wyn (haar eerste, my derde) het sy my meegedeel dat daar pas ’n vakature vir ’n Afrikaanse rubriekskrywer by die koerant waar sy aan die roer van sake staan, ontstaan het. Met Merlot-gedrewe bravade het ek aangevoer dat ék straks die antwoord op haar kwelling kon wees. En hoewel haar reaksie hoflik was, het […]
Februarie 25, 2016
7 Oor 'n skoolmens

Oor ’n skoolmens se groot wens

Nadat my status in die samelewing onlangs so kras in twyfel getrek is, en dít bloot op grond van my gekose beroep, voel ek my daartoe genoop om ’n lansie te breek vir al ons strydrosse wat onsself in die voorste linie bevind van die geveg vir kognitiewe soepelheid, kreatiewe denke en ’n progressiewe lewensbeskouing onder húlle wat ons dieper in die 21ste eeu moet lei. Want kyk, om nou se dae ’n leerkrag aan ’n hoërskool van enige beskrywing, […]
Februarie 25, 2016
6 statusbepaling

Oor statusbepaling in die Nuwe Suid-Afrika

Ek het haar die naweek langs ’n braaivleisvuur ontmoet. Tertia – ’n toeris uit Suid-Afrika. Ons het heel gemoedelik oor ditjies en datjies geskerts, totdat die gesprek onvermydelik in in ’n meer persoonlike rigting beweeg het. “Wat doen jy vir ’n lewe?” wou sy weet. “Ek is ’n onderwyser,” het ek geantwoord. ’n Frons het op haar voorkop verskyn. “Wil jy dan teruggaan Suid-Afrika toe?” Daar was kommer in haar stem. “Ja, beslis,” het ek met Stoïsynse ongeërgdheid geantwoord. “Maar,” […]
Februarie 25, 2016
5 Oor 'n voorneme

Oor ’n voorneme vir die nuwe jaar

Vyf…vier…drie…twee…een…hêppie-hêppie! En nét so, voor ek my kom kry, was dit weer dáái tyd van die jaar. Tyd om idealistiese, onbesonne beloftes aan myself te maak. Beloftes wat ’n beter weergawe van myself in die vooruitsig stel, maar wat slegs in rare gevalle die daeraad van Februarie sal sien. Maar ’n nuwe jaar sonder voornemens is soos Vinkel sonder Koljander. Soos Hansie sonder Grietjie. Soos Mossie sonder Baas. En daarom sou dit ondenkbaar wees om nie maar nógmaals deur hierdie […]
Februarie 24, 2016
4 Oor ruff boys medium

Oor ruff boyz, riots en ‘n splinternuwe jaar

Alle goeie dinge kom tot ’n einde, insluitende ’n oënskynlik nimmereindigende 6-week somervakansie. Ses weke? Ja, ses weke. Want ek’s ’n onderwyser, ek’s ’n bowyser, ek’s ’n onderstebowyser. En ek is dit werd…net soos Patricia Lewis haar L’Oréal werd is. Soos enige leerkrag jou sal meedeel, is skoolhou sonder twyfel uitdagend, maar terselfdertyd ook hoogs bevredigend. ’n Aantal faktore dra egter daartoe by dat mý dag-tot-dag-bedrywighede grootliks resorteer onder die ‘uitdagend’-hofie. Dis ’n hoërskool, vir een, en ’n seunskool op die koop toe, maar die […]
Februarie 24, 2016
3 bly blank

Oor ‘bly blank my volk’ en ‘n skip wat reeds geseil het

Is jou van Ackerman, Alberts, Badenhorst, Basson, Bester, Bezuidenhout, Boshoff, Botha, Brand, Brink, Britz, Buys, Claassen, Coetzee, Combrink, De Bruyn, De Jager, De Klerk, De Vries, Du Plooy, Du Preez, Eksteen, Erasmus, Esterhuysen, Fouché, Gerber, Geyer, Goosen, Gouws, Hertzog, Heyns, Hugo, Human, Jacobs, Jansen, Kemp, Kleynhans, Klopper, Kok, Kotzé, Kruger, Landman, Lombaard, Lotter, Lourens, Maartens, Meyer, Mosterd, Mulder, Muller, Oberholzer, Odendaal, Oosthuyzen, Pieterse, Pretorius, Roelofse, Scheepers, Scholtz, Serfontein, Slabbert, Smit, Smuts, Steenkamp, Swart, Van Deventer, Van der Merwe, Van der […]
Februarie 24, 2016
2 Oor ofrikaners

Oor Ôfrikôners, Ôfrikônertjies en ‘n blink nuwe plan

As daar nou een ding is wat my ratte laat krap, is dit expat-Afrikaners wat met gewyde hovaardigheid verklaar: ‘ôg viskôn my, môr my Ôfrikôns is nie mee sô goed nie’. Niemand verwag van expats om taalpuriste te wees nie, maar vir iemand om sy eerste taal binne die bestek van ‘n halfdosyn jare te verleer, moet só ‘n persoon óf in ‘n gekrokte Japannese kernkragsentrale vasgekeer wees, óf hy moes op ‘n ander bedenklike wyse ‘n akute breinbesering opgedoen […]
Januarie 25, 2016
FullSizeRender[1]

Vaarwelpolisiekar – ‘n eerste poging tot musiekverslaggewing

Ek het vir my ‘n staanplek oopgeskrop rég voor die verhoog. ‘n Man moet immers die eerste een wees om te sien wat gebeur wanneer jou gunsteling Afrikaanse-band-wat-opgebreek-het-maar-nou-weer-hervorm-het-vir-‘n-kort-toer-deur-die-VK-en-Nederland die dag hulle ding doen. Die sowat 300 siele in die Clapham Grand het pas klaar gesmul aan ‘n Van Coke Kartel-voorgereg, maar dis duidelik dat hulle hier is vir die hoofgereg en dat die intensie is om hulle daaraan te vervreet. My gedagtes word onwillekeurig teruggevoer na die jaar 2004, waar […]