Babastories

Januarie 26, 2016
3 Oor D-dag+1

Oor D-dag+1 en ‘n BBP-rit huis toe

Vir die grootste deel van nege maande het ek die National Health Service se kraambeleid verwens. Too posh to push? Ag asseblief, u edele! Ons is Vannemerwes van Pitooria af! Ons doen nie posh nie, maar dertien jaar se pligsgetroue National Insurance-bydraes regverdig tog sekerlik een ou keisersneetjie? Klaarblyklik nie. My eindelose pleidooie het op dowe ore bly val en die burokrasie het onwrikbaar bly aandring op die toepassing van Die Beleid. Die Mamma sou vir Ben op ons oumagrootjies […]
Januarie 26, 2016
2 Oor kraamkamers

Oor ontsluitings, kraamkamers en ‘n stortvloed trane

Asem in, asem uit, asem in, asem uit…selfs ‘n honderd episodes van One Born Every Minute sou my nie kon voorberei op die ongenaakbare realiteite van die geboorteproses nie. Nadat ons baba twee weke te lank in haar maag gebroei het, het Die amper-Mamma die induksiepil met ope arms (en bene)  verwelkom en kort daarna het sy, saam met ‘n handvol ander ontsluitende amper-mammas, die herhaaldelike aanslae van haar kontraksies probeer beveg. En vir dié wat nie weet nie – […]
Januarie 25, 2016
1 Oor shows

Oor shows, induksies en kontraksies

So, my vrou is op die paal. Hóóg op, om die waarheid te sê. Sóveel so dat ek hierdie sit en tik in die kraameenheid van die St. Helier’s Hospitaal. Die induksiepil is geplant, en nou wag ons vir daai bad boy om sy ding te doen. Ai, dat ‘n enkele druppel piepie darem maar my lewe so op sy kop kon keer… Natuurlik was ek verheug oor die dik pienk strepe op die Clearblue Home Pregnancy Kit. Ons het, […]