Athene – dit was Grieks vir my. Ελληνικής Δημοκρα.

Die Lycabettus-heuwel - Athene se heuwel fantasties. Dit was eens op ‘n tyd die hoogste piek ter wêreld (wel, natuurlik wat die mense van daardie van bewus was!). Van hier af het jy ‘n fabelagtige uitsig oor die stad, maar wat my die meeste gefassineer het, was die vlieënde skepe op die horison. Inderdaad merkwaardig.

Daar word nie om dowe neute na Athene as die wieg van die moderne beskawing verwys nie. Dis immers hiér waar die eerste tekens van Demokrasie sy kop uitgesteek het. Dis ook hiér waar die eerste Olimpiese Spele in 1896 aangebied is (wel, die eerste Olimpiese Spele waar die deelnemers nie in hulle geboortepakkies deelgeneem het nie). Om die waarheid te sê is daar só baie plekke van geskiedkundige belang te bespeur, dat dit soms voel of jy jouself in ‘n reusagtige opelug-museum bevind. Die Akropolis, die Parthenon, die Tempel van Nike Athena, die Tempel van Olimpiër Zeus, die Lycabettus-heuwel – dit alles tref jy hier aan. Volgens gerugte was daardie eerste demokratiese byeenkomste nogal rowwe gedoentes, maar ek het my hier vasgeloop in die toorn van die hedendaagse Griek, en daai manne speel nie speletjies wanneer hulle kwaad raak vir hulle regering nie…

Februarie 2011

facebook-page

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Bly op hoogte

Fanie Os Oppie Jas



Volg my,
maar moenie
my ágtervolg
nie.